Home / Te veel moeite

‘n Kollega van Wysneus was een oggend verlede week baie teleurgestel in die vlak waarin inwoners van die omgewing bereid is om ander te help.

  Sy het die oggend oudergewoonte van Fochville na Carletonville werk toe gery toe sy ‘n jong vrou aan die kant van die pad sien staan het met ‘’n pap band. Dié jong vrou, ‘n onderwyseres by ‘n hoërskool op Carletonville, was verskeie maande swanger en was duidelik nie in staat om die band self te kon omruil nie. Die kollega het by haar gestop en vrou-alleen begin om met die omruil van die band te help. Ondanks die feit dat dit spitstyd was en stringe voertuie verby die twee gery het, het niemand gestop om te kyk of hulle dalk kan help nie. Volgens Wysneus se kollega het baie bestuurders ook nie eers die moeite gedoen om in die regterkantste baan oor te beweeg nie en was sy en die ander vrou telkemale maar redelik benoud terwyl die ander karre teen hoë spoed by hulle verbygejaag het. Op die ou end het alles, ondanks ‘n gebreekte nael of twee, wel darem goed verloop. Nou wonder Wysneus net. Hoeveel moeite sou dit werklik vir een van die omgewing se sterk manne gewees om net te stop en vinnig ‘n handjie by te sit? Hoewel die vroue van deesdae baie goed in die manswêreld oor die weg kom, weet almal dat hulle nie so sterk is wanneer dit by die uitvoering van fisiese take kom nie. ‘n Bietjie hulp sou dus baie waardeer geword het. 

‘n Noue ontkoming

Baie inwoners was verlede week boos toe hulle verlede Dinsdag voor die verhoging in die petrolprys van vulstasie na vulstasie moes ry sonder om een te kry waar hulle brandstof kon koop.

  ‘n Kollega van Wysneus was egter nog meer ontsteld na sy op dié rondte deur die dorp is. Op die pad tussen twee vulstasies, wat nodeloos om te sê nie een petrol gehad het nie, het die kollega in Adastraat in die rigting van die ingang na Pick ’n Pay gery toe ‘n goue Mercedes-Benz uit die munisipale parkeerterrein aan die oorkant van die pad ry. Sonder om links of regs te kyk, het die bestuurder oor die pad gejaag en reg voor die kollega ingery. Gelukkig het sy nie baie vinnig gery nie en kon sy haar motortjie met skreeuende remme net betyds tot stilstand bring om ‘n lelike ongeluk te vermy. Hoewel die munisipale manne in die Merc se oë groot was na dié amperse botsing, het hulle net eenvoudig aanhou met ry. Hoewel die kollega agter hulle probeer aanry het om hul registrasienommer neer te skryf, het hulle te vinnig gery en aan die ander kant van Pick ’n Pay in ‘n systraat verdwyn. Aangesien daar teen die einde van verlede jaar ook ‘n inwoner by dié betrokke kruising dood is, wonder Wysneus of die munisipaliteit nie dalk van hul veiligheidskameras in die area kan plaas sodat gevaarlike bestuurders, al is dit nou van die verkeersmanne se eie kollegas, vasgetrek en beboet kan word voor nog lewens opgeoffer word nie.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs