As opvoeding waardevol is, moet opvoeding op so 'n manier toegepas word dat leerlinge dit kan integreer in hul sosiale lewe buite die skool.
As opvoeding effektief is, moet daar 'n balans wees tussen akademie, sport en sosialisering.
As opvoeding waardevol is, moet dit waardes insluit wat van onskatbare waarde moet wees, en ook orals gebruik kan word.
Laerskool Jongspan neem die As uit by primêre onderwys in Merafong.
Jongspan bied hoogstaande gehalte onderwys aan in twee amptelike tale waar die leerder in die volgende areas ontwikkel: kultureel, godsdiens, ras, ekonomie en sosialisering. Opvoeding by Laerskool Jongspan is baie waardevol en het 'n groot impak op die toekoms van die kind.
Laerskool Jongspan bied goeie gebalanseerde sport en kulturele buitemuurse aktiwiteite. Die leerders ontwikkel liggaamlik en sosiaal in 'n baie gelukkige en gekontroleerde omgewing.
Laerskool Jongspan ontwikkel die kind in sy totaliteit wat hulle deur hulle bestaan in die samelewing kan help.
Laerskool Jongspan - Die eerste stap in 'n wêreld van gebalanseerde en waardevolle opvoeding.