Sunday 23 November 2014
Features / Tuinwenke vir Maartmaand: Beplan vir winter

Dit is nou tyd om te beplan watter winterblommende bolle jy gaan plant. Selfs die kleinste van tuine kan ‘n lushof hê van affodille, as jy hulle groepeer en nie in rytjies plant nie. Die inheemse bolle (Sparaxis, Ixia and Babiana) lyk veral mooi indien hulle in groepies onder bladwissellende bome geplant word. Saai nou Namakwaland Madeliefies en indien jy dit nog nie gedoen het nie, Bokbaaivygies en Ursinias. Plant hulle in ‘n sonnige plekkie in jou tuin. Dit almal groei maklik en vining en maak ‘n mooi vertoning in ‘n tuin.

 

Somerblommende eenjariges

Benat die wat steeds blom. Trek die uit wat aan die einde van hul blomtyd gekom het, en berei die bedding voor vir jou winterblomme deur goedverouderde kompos en 2:3:2 teen 60g per m2.

 

Winterblommende eenjariges

Pronkertjies: Wees versigtig om hulle nie te veel water te gee nie. Maar hou die grond klam. Wanneer die saailinge ongeveer 10 cm hoog is, knyp hulle terug en laat dan twee van die stammetjies toe om te ontwikkel.

Enige van die eenjariges wat hieronder gelys is, kan van die begin van die maand af nou nog gesaai word.

Arctotis acaulis

Calendula officinalis

Chrysanthemum carinatum

Clarkia

Consolida ambigua

Dimorphotheca sinuata

Dorotheanthus bellidiformis

Felicia bergerana

Godetia

Linaria maroccana

Nemesia

Schizanthus

 

Meerjariges

Benat een maal per week, wanneer dit warm en droog is. As die blomme begin afgaan, sny die blomme teen die grond af. Onthou om helleborus een maal per week nat te maak.

Lig van Meerjariges: Die volgende meerjariges kan of nou gelig en verdeel word, of wag tot in September wanneer nuwe groei begin het. Benat die plante goed die vorige dag. Wees versigtig dat die wortels nie uitdroog tydens die lig van die plante nie. Verdeel die plante in die koelte en as jy verwag dat die verdeling ‘n redelike lang tyd gaan neem, plaas nat sakke oor die wortels om die wortels te beskerm. Vir herverpalnting, gebruik eerder die gesonde jong groei aan die buitekant van die plant.

Ajuga reptans

Alyssum saxatile

Anemone japonica

Anthemis sancti-johannis

Armeria maritima

Aster novi-belgii

Campanula

Chrysanrthemum maximum

Echinacea purpurea

Gaillardia x grandiflora

Geum

Heuchera sanguinea

Macleaya cordata

Monarda didyma

Penstemon

Pyrethrum roseum

Salvia farinacea

Salvia patens

Solidago

Veronica

Maak van Steggies: Steggies van die volgende meerjarige plante kan die maand gemaak word.

Kies gesonde groei, ongeveer 5 cm lank, en sny net bokant die stingelknoop. Verwyder die onderste blare en doop die steggie in hormoonpoeier. Plaas die steggie dan in die groeimedium (sand) of ‘n mengsel van 2 dele sand en een deel veenmos. Druk die grond om die steggie goed vas en gee water.

Alyssum saxatile

Centuarea cineraria

Chrysanthemum frutescens

Heliptropium arborescens

Palargonium

Penstemon

 

Winterblommende bolle

Die volgende bolle kan nou geplant word:

Gladiolus blandus

Gladiolus cardinalis

Gladiolus carinatus

Ipheion uniflorum

Lachenalia

Veltheimia bracteata

Sodra dit begin kouer raak, kan die volgende bolle geplant word:

Allium neapolitanum

Anemone coronaria

Aristea thyriflora

Babiana

Bulbinella floribunda

Dipidax triquetra

Iris

Freesia

Hyacinthus orientalis

Ixia

Leucojum

Lycoris radiata

Muscari botryoides

Narcissus

Ornithogalum thyrsoides

Ranunculus asiaticus

Schizostylis coccinea

Sparaxis

 

Struike

Hou die grond klam en koel deur ‘n dik molm deklaag en benat elke 3 weke tydens warm droë weer. Gee spesiale aandag aan camellias.

Rose: Gee elke bos ‘n 2 eetlepels 3:1:5. Versprei dit om die wortelarea om sodoende die nuwe groei te verhard vir die winter. Gaan steeds voort om te spuit teen swart vlek, roes en meeldou. Kombineer dit met blaarvoeding. Benat een maal per week in droë weer.

 

Vrugte en neute

Waar nodig, gee druiwe hul laaste toediening van kunsmis. As ‘n algemene reël gee volwasse bome 1.5 kg 2:3:2. Strooi dit by die wortels en benat behoorlik.

Sitrusvrugte: Gee elke boom 2 kg 3:1:5 en 75 g Engelse Sout. Strooi beide om die wortels. Benat deelglik elke 3 weke indien dit warm en droog is.

Aarbeie: Indien jy vergeet het om dit verlede maand te doen, berei die beddings nou voor om in April te plant. Spit genoegsaam ou, goed-verrotte kraalmis en of kompos in, strooi dan 3:1:5 teen on toediening van 250g per m2.

 

Groente

Hou aan om die somergroente gereeld nat te maak. Dien genoeg molm toe in die paadjies tussen die groente. Trek onkruid met die hand uit. Benat die vroeë winter groente, soos Brusselse spruite, Winerblomkool (Broccoli) en blomkool wat in Desember al geplant is. Voed die plante met 2:3:2 teen ‘n toedieningskoers van 30 g per meter.

Die volgende groente kan steeds die maand geplant word: Beet, wortels, dwergspinasie, andyvie, knoffel, kolraap, preie, blaarslaai, uie, witwortel, radyse, spinasiebeet enrape.

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES

top
bottom