"Ask no questions, hear no lies." Dit is
hoe dit met die ANC beheerde raad, die DA en die VF+ raadslede gaan.
Pravin Gordhan, die minister van
finansies, sê dat daar teen staatsdepartemente en munisipaliteite
opgetree gaan word wat kaartjies vir die sokkertoernooi gekoop het. Ek
kan met sekerheid sê dat dit nie gaan gebeur nie, want die instansies is
indirek aangesê om kaartjies te koop, anders sal die
wêreldbekersokkertoernooi se kaartjieverkope ‘n groot mislukking wees.
Ek vra weer aan die agbare raadslede:
Hoeveel geld het die Merafong Raad aan kaartjies en sokkerklere spandeer?
Ek hoop die belastingbetalers gaan ‘n antwoord kry.
Volgende jaar is dit weer munisipale
verkiesingsjaar, dan kom die raadslede weer met lang stories oor hoekom
ons vir hulle moet stem.
Maar in die tussentyd kan hulle nie eers
toesien dat die dorp behoorlik bestuur word nie!
Ek wil nou al ‘n beroep doen op die
kiesers om volgende jaar se munisipale verkiesing te boikot, want die
huidige raadslede weet nie wat in die dorp aangaan nie.
Hoekom moet die kiesers ‘n stem mors op
iemand wat nie werklik in die belange van die kiesers belangstel nie?
Daar is berig dat R110 miljoen van
belastingbetalers se geld aan kaartjies vir die sokkertoernooi bestee
is. Werk dit uit teen R70 ‘n kaartjie dan is daar ongeveer 150 000
kaartjies met belastingbetalers se geld gekoop.
Nou wonder ek ook maar hoeveel
buitelandse besoekers was werklik hier?