NUUSFOTO'S  


NUUSFOTO'S

Die Carletonville Herald het die afgelope week goeie terugvoer gekry op verskeie berigte wat verlede week gedoen is.

Die oop mangat voor die huis van me. Ina Delport op die hoek van Juliana- en Langstraat is kort ná die berig daaroor verskyn het, met ‘n betondeksel (inlas) toegemaak.

Die berig van die Herald oor die besoedelde mynwater wat in die kanaal deur Caletonville vloei, het ook die gewensde optrede tot gevolg gehad. Blyvooruitzicht het erken dat daar ‘n rioollek by dié myn is en dadelik daaraan aandag gegee.

Met die Herald se besoek aan die kanaal Maandagmiddag was dit bykans heeltemal droog, met net ‘n klein poel water wat in ‘n toegegroeide deel naby Langstraat opgedam het. Die Merafong munisipaliteit het egter op die oog af nog geen poging aangewend om die kanaal skoon te maak nie en ‘n versameling plante en rommel, waaronder verskeie motorbande, was in die leë kanaal te sien.

Die karkasse wat verlede week in die veld oorkant Grundlingstraat in Uitbreiding 9 gelê het, is ook opgetel.

Eddie Pienaar het onlangs ‘n leesterapie-kursus tot op vlak 5 voltooi.

 

 

To top


© Copyright 2006-2007 Herald
carletonvilleherald.com is the creation of Leandra van Rooyen.
All work remains the property of The Carletonville/Fochville Herald, unless expressly granted by written permission from the author or editor.
Individual articles remain the sole property of the original author.