Verskeie atlete van Hoërskool
Carletonville het tydens die interskole atletiekbyeenkoms op 19
Februarie behoorlik koning op hulle eie tuisveld gekraai toe
hoërskole in die omgewing mekaar die stryd aangesê het.
In die baanitems het Leoni
Labuschagne die 3000 meter meisies o/17 in ‘n tyd van 15.04.59
voltooi terwyl Henry Buys die 400 meter seuns o/17 in 53.53 sekondes
kafgedraf het.
Petrie Roberts o/14 het die 800
meter in 2.12.85 gewen. In die velditems het Handré Meyer die diskus
vir seuns o/14 gewen nadat hy die werpskyf 31.91 meter ver geslinger
het.
Pieter Potgieter het die diskus vir seuns o/17 met
‘n afstand van 34.17 meter gewen en Eden Basson het die gewigstoot
vir seuns o/16 met 9.12 meter gewen. Jacques Dippenaar het die seuns
o/17 driesprong met ‘n afstand van 13.17 meter gewen terwyl Melissa
Nel die verspring meisies o/17 met 9.42 meter gewen het. Maverick
van der Merwe het die seuns o/17 hoogspring met ‘n hoogte van 1.85
meter gewen en het ook by die spiesgooi as die wenner uitgetree met
‘n afstand van 56.71 meter.